GESKIEDENIS
RVS is van stapel gestuur voor 1894.
In 1894 is die skool gebou gekoop.
Die skool is in 1981 gestig toe die destydse Seuns-en Meisieskool saamgesmelt het om die Laerskool en Voorbereidingskool te vorm.
Daarna het die skool gegroei tot wat vandag is.
Robertson Voorbereidingskool is in die hart van die Kaapse Wynlande geleë.
MISSIE EN VISIE
Visie
‘n Strewe om Robertson Voorbereidingskool
Met effektiewe en gehalte-onderrig in afhanklikheid
van God te bedryf en opvoeding in
vennootskap met die ouerhuis te verskaf
Missie
Die Voorbereidingskool Robertson streef daarna om
in Robertson `n uitnemende skool daar te stel wat:
- Gegrond is op Christelike waardes en norme
- ‘n Unieke en eiesoortige karakter het
- Elke kind sal lei tot die besef dat hy/sy uniek is en daarom baie spesiaal is
- Vir elke leerder billike, regverdige geleenthede wil skep binne sy/haar vermoë
- Opvoeding en onderrig in Afrikaans en Engels aan elke leerder verskaf
- Gebalanseerde, gelukkige leerders wil vorm wat `n positiewe bydrae tot die breë gemeenskap sal kan maak
SKOOLLIED
Hoër en Hoër sal ons bou
By berge verby na die hemel so blou
Hande saam vir die R.V.S
Werk getrou is ons skool se les.
Die sterretjies vonkel, die wind sing saam
Hou hoog die eer van ons se goeie naam.
Hoera vir die skool waar ons klein begin.
Hoera vir die plek waar ons leer sing.
Vorentoe, vorentoe almal saam,
Hou hoog ons skool se goeie naam.
Ons bid ons hande saam gevou:
Maak ons O Heer in ons werk getrou.
Dat ons in huis en skool U mag dien.
In vrede en liefde ons lewe begin.
RVS VISIE
‘n Strewe om RVS met effektiewe en gehalte-onderrig in afhanklikheid van God te bedryf en opvoeding in vennootskap met die ouerhuis te verskaf