TOELATINGSVOORWAARDES: AANSOEKE VAN SKOLIERE
FEDSAS TOELATINGSBELEID
  1. As statutêre verkose liggaam, verteenwoordigend van die ouergemeenskap, is die beheerliggaam verantwoordelik vir die bepaling van die toelatingsvoorwaardes van die skool.
    Die skoolhoof, in sy hoedanigheid as lid van die beheerliggaam, is verantwoordelik vir die uitvoering van die voorwaardes in die praktyk.Aanvaarding van die toelatingsvoorwaardes in hierdie dokument vervat deur die voorgenome leerder se ouer/voog, is ‘n voorvereiste vir toelating tot die skool, sonder dat die skool daarna gebind sal word om die voorgenome leerder tot die skool toe te laat.
  2. Die toelatingsvoorwaardes van hierdie skool is as volg:
  • Die skool val onder die beheer van die Wes-Kaapse Onderwys en sal die beleid en regulasies van Departement handhaaf.
  • Die skool het ‘n Christelike karakter en die lewensopvatting waarbinne die onderrig en interaksie in die skool plaasvind, is Christelik gefundeer.Verder is die opvoeding van die skool ingestel op die behoud van die algemene gemeenskaplike sedes van die Robertson gemeenskap en die waardering van ons land se kultuurgoedere.Geen voorgenome leerder sal tot die skool toegelaat word of toegelaat word om in die skool aan te bly indien hy/sy ouers of sy voogde deur middel van woord of gedrag afbreuk doen of potensieel afbreuk kan doen aan die Christelike karakter van die skool en die Christelike basis waarop die onderrig en interaksie gefundeer is.Indien hy/hulle se toelating tot die skool of optrede daarna kan geskied tot nadeel of potensiële nadeel van gemelde sedes en waardering van kultuurgoedere, sal sodanige voorgenome leerder eweneens nie tot die skool toegelaat kan word nie, alternatiewelik nie verder in die skool kan aanbly nie.
  • Onderrig in die skool geskied deur die medium van Afrikaans en Engels.
  • Die skool sal nie diskrimineer teen enige leerder op grond van ras, geslag of godsdienstige oortuigings nie.
  • Die ouderdom van ‘n voorgenome leerder sal streng beheer word. Na toelating sal sodanige leerder se ouderdom, binne klasverband, steeds bepaal of hy sy skolastiese opvoeding aan hierdie skool kan voortsit.
  • Van leerder en die se ouers en/of voogde word verwag om deurentyd die skool se gedragskode te aanvaar en bind sodanige ouers en/of voogde hulself om daarby te hou en toe te sien dat hulle kinders of die kind onder voogdyskap, deurentyd by sodanige reëls sal hou.
  • Van leerders en hulle ouers en/of voogde word verwag om te alle tye die etos van die skool uit te leef en te eerbiedig.
  • Betaling van skoolgelde (skoolfonds) en soos van tyd tot tyd deur die beheerliggaam van die skool bepaal, is verpligtend.
  • Vrystelling van skoolgeld volgens voorskrif van Onderwysdepartement – volgens skale aan ouers wat kwalifiseer.
  • Ekstremistiese optrede deur ‘n leerder van hierdie skool of die se ouers en/of voogde is ‘n diskwalifikasie tot toelating tot hierdie skool en beëindig ‘n leerder se voorreg om verder ‘n leerder van hierdie skool te wees
  • Daar word verwag dat die skooldrag van die skool gedra sal word.
  • Toelating tot hierdie skool berus by die uitsluitlike diskresie van die Hoof en Beheerliggaam van hierdie skool en sal die Hoof en/of
  • Beheerliggaam geregtig wees om ‘n voorgenome leerder se aansoek om toelating te weier sonder die verpligting tot opgaaf van redes.
  • Deur middel van toelating tot die skool, verkry ‘n leerder en/of sy ouers, nie ‘n onvoorwaardelike reg tot voortgesette onderwys in hierdie skool nie en sou enige omstandigheid ontwikkel wat die Hoof en/of beheerliggaam van hiedie skool redelikerwys beskou as genoegsaam te wees om daardie leerder se voortgesette opleiding in hierdie skool te beëindig, nadat dissiplinêre stappe geneem is.
PROSPEKTUS

Al die inligting wat benodig word is in die prospektus.
Kliek hier om die Prospektus af te laai.

Daar word moontlik ‘n program benodig om die dokument te besigtig.
Dit kan afgelaai word by Adobe se webtuiste

SKOOLREËLS

Alle leerders verbind hul om:

  • Om waar hulle hul ook mag bevind insluitende uitstappies en sportdae deur hul optrede, voorkoms en taal dié skool waardig te wees.
  • Om altyd hoflik en konsidererend op te tree.
  • Om lojaal teenoor die skool, opvoeders en ander leerders te wees en nie die goeie naam van die skool te skaad nie.
  • Om getrou aan ons skoolreëls te wees.
  • Om pligsgetrou in die uitvoering van skoolwerk en skoolbywoning te wees.

Algemene gedragsreëls

  1. Geen bakleiery, afknouery of gevaarlike speletjies met o.a. skerp voorwerpe word op die skoolterrein toegelaat nie. Alle leerders het die reg om te leer sonder intimidasie, inmenging, ontwrigting of mishandeling/belediging
  2. Daar mag nooit binne skoolterrein met ‘n fiets gery word nie. Dieselfde geld vir rollemskaatse en “J-boards”. Geen ronddrentel of spelery sal in die gange, voorportaal, op die trappe of in die toilette toegelaat word nie.
  3. Enige vorm van vandalisme is verbode en geen leerder mag oor hekke of drade klouter of enige ruite en ander eiendom met opset beskadig nie. Die ouer of wettige voog van enigeen waar dit bewys word dat hy/sy opsetlik enige skooleiendom misbruik, beskadig of ontsier, moet dit vervang of betaal vir die eiendom wat beskadig is.
  4. Die skoolterrein mag nie sonder toestemming verlaat word nadat die skool in aanvang geneem het nie.
  5. Leerders moet stiptelik by skool- en buitemuurse bedrywighede opdaag. Geen kos of enige besittings mag oor die draad ontvang word nie.
  6. Alle personeel, leerders, ouers, en besoekers word met respek behandel.
  7. Niemand mag van die skool wegbly sonder ‘n geldige rede nie. ‘n Brief of telefoonoproep word verlang van die ouer ter verduideliking van afwesigheid. Na 2 dae ‘n doktersertifikaat.
  8. Ander mense se eiendom moet met respek behandel word en geen leerder mag hom/haar skuldig maak aan bv. diefstal nie. Enige vorm van beskadiging of verwaarlosing van die skool se eiendom of ander persone deur daarop te skryf of enige fisiese beskadiging is verbode. Die steel van die skool se eiendom of private eiendom is verbode.
  9. Siek leerders sal in ‘n geskikte lokaal / in klas gedurende pouses geakkomodeer word.
  10. Geen afskryf of afkyk van werk of huiswerk in formele of informele toetse is toelaatbaar.
  11. Vloektaal, diskrimenerende of rassistiese aanmerkings is verbode.
  12. Die besit/of lees van enige aanstootlike literatuur is verbode.
  13. Alle rommel moet in vullisblikke/dromme gegooi word.
  14. Geen leerders mag met brandblussers, tuinslange, sproeiers speel of hanteer nie.

Gange

  1. Geen leerder word voor skool of gedurende pouses in klaskamers of gange toegelaat sonder toestemming nie.
  2. Tydens reëndae mag leerders rustig hulself in hul klaskamers besig hou voor skool of gedurende pouses.
  3. Klaswisseling en beweging in gange geskied altyd ordelik en flink.
    Leerders stap in ‘n reguit, enkel ry.
    Geen gehardloop of geraas sal in gange geduld word nie.
  4. Geen mure, plakkate of kunswerke in gange mag bekrap of beskadig word nie.
    Gange is ‘n vertoonstuk van ons leerders se werk.

Klaskamers

  1. Die algemene netheid van ons klaskamers is almal se verantwoordelikheid en moet te alle tye netjies gehou word.
  2. Geen banke of tafels mag bekrap word nie.
  3. Geen leerder verlaat ‘n klaskamer sonder die leerkrag se toestemming nie.
  4. Die nakoming van klasreëls deur leerders en opvoeders opgestel, is verpligtend.

Klokke

  1. Wanneer die klok lui, tree leerders onmiddellik in rye aan.
  2. Geen laatkom of gesels in rye sal geduld word nie.

Kleedkamers

  1. Kleedkamers moet te alle tye netjies en sindelik gehou word.
  2. Geen spelery of samedromming word daar toegelaat nie.
  3. Gedurende skoolure moet daar stilte heers.
  4. Leerders moet kleedkamers onder toesig besoek.
  5. Geen vandalisme, bv. gekrap op deure of mure, beskadiging van vensters, toilette, wasbakke ens. sal geduld word nie.
  6. Indien leerder na kleedkamer moet gaan, moet kaartjie by hoof of sekretaresse verkry word, vir kontrole en leerder se veiligheid.

Persoonlike voorkoms en kleredrag

  1. Leerders moet te alle tye voldoen aan die algemeen aanvaarbare standaarde vir persoonlike netheid, sindelikheid en higiëne.
    Die leerder is die beelddraer van ons skool.
  2. Leerders moet die voorgeskrewe somers- en wintersdrag dra.
  3. Indien ‘n leerder weens onvermydelike omstandighede hiervan moet afwyk, moet skriftelike toestemming verkry word.
  4. Naels moet skoon en kort wees en geen naellak word toegelaat nie.
  5. Slegs die klein, dun, goud of silwer oorringe of knoppies (studs) word vir dogters toegelaat.
    Die dra van oorringe vir seuns is nie, toelaatbaar nie.
  6. Geen juweliersware, behalwe polshorlosies (nie gekleurde horlosies) en “Medic-Alert” bandjies word toegelaat nie.
  7. Hemde mag nie uithang nie en lang grys sokkies moet opgetrek wees.
  8. Dogters mag nie lang grys of swart kouse dra nie.
  9. Wanneer skoolskoene gedra word moet dit skoon en blink wees.
  10. Klere moet duidelik gemerk wees.
  11. Geen gekleurde T-hemde mag onder skoolhemp gedra word nie, behalwe tydens atletiek.
  12. Geen fietsrybroeke of “ski-pants’ is toelaatbaar nie.
  13. Netheidskontrole sal deurgaans gehou word

Hare : Dogters

  1. Hare moet altyd netjies versorg wees en nie in die oë hang nie.
  2. Wanneer hare skouerlengte bereik, moet dit vasgemaak word.
  3. Slegs wit of donkerblou rekkies, frommelrekke, haarbande (“Alice Bands”) of linte sonder enige versierings is toelaatbaar.
  4. Allerlei uitspattige haarstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar.

Hare : Seuns

  1. Seuns se hare moet netjies versorg wees en mag nie aan die kraag of aan die wenkbroue raak nie.
  2. Hare mag nie oor ore hang nie.
  3. Hare mag nie gekleur wees nie.
  4. Allerlei uitspattige haarstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar

Orde -reëls

Behalwe bostaande skoolreëls , bestaan daar orde-reëls wat toegepas word vir die handhawing van

DISSIPLINE

Die dissiplinêre stelsel

Elke onderwyser is verantwoordelik en het volle gesag om die gedrag van leerders te korrigeer of enige oortredings aan te spreek.
Daar word ook van onderwysers verwag om volgens die gedragskode op te tree.
Daar word van die leerders verwag om die reëls en dissiplinêre stelsel van die skool na te kom.

Dissiplinêre intervensies

1. Die volgende lys van intervensies word deur die skool gebruik voordat skorsing en uitsetting plaasvind.

  • ‘n Mondelinge waarskuwing. (Korrekte gedrag aan te moedig).
  • Geskrewe waarskuwing.
  • Kontak ouers – Afspraak.
  • Finale waarskuwing (ook na ouers/voogde.)
  • Verwyder uit klas na … (soos gereël word)
  • Uitskryfwerk.
  • Ekstra huiswerk.
  • Verwys vir berading.
  • Boetes om skade te herstel.
  • Uitsluiting van skoolaktiwiteite.
  • Skorsing (tydelik) uit klassituasie.
  • Dissiplinêre verhoor.

2. Geen verandering van gedrag met korrektiewe maatreëls en intervensies – lei tot ‘n hoër graad oortredings.

3. Gedrag wat kan lei tot skorsing:

  • Gedrag wat ander leerder se veiligheid bedreig.
  • Kriminele gedrag van enige aard.
  • Beskadiging of vernietiging van die skool se eiendom.
  • Vloektaal, terugpraat/vuiltaal/laakbare taal of enige verbale belediging gerig op onderwysers, ander skool amptenare of ander leerders.
  • Uitdaging en uittarting van gesag.
  • Graffiti, rassisme of haatspraak.
  • Seksuele teistering of seksuele aanval.
  • Immorele gedrag.
  • Enige vorm van dwelms , alkohol of ander toksiese middels.
  • Herhaaldelike oortredings van gedragskode.
  • Besit van vuurwapens, wapens (messe, swaarde) ander voorwerpe wat leerders en opvoeders se lewens bedreig.

Bemagtiging van personeel dmv dissiplinêre prosedure

Die basis van dissipline handhawing van die skool geskied deur middel van ‘n beloningstelsel.
Die stelsel word jaarliks hersien en skriftelik aan ouers deurgegee.

Elke personeellid is bemagtig om ‘n leerder wat steurend, ontwrigtend en tydverkwistend optree, ook te hanteer op een van die volgende wyses, met inagneming dat elke situasie op meriete hanteer sal word:

  1. Mondelinge waarskuwing
  2. Die leerder tydelik van die klassituasie uitsluit totdat die versuim/oortreding reggestel is of die kind onderneem om sy/haar gesindheid te wysig.
  3. Aantekening van oortreding in strafboek/lêer.
  4. Rapportering aan Prinsipaal.
  5. Ouerbetrokkenheid verkry.
  6. Ernstige wangedrag word egter in ooreenstemming met die S.A. Skolewet 84 van 1996, hanteer. Daarvolgens kan ‘n leerder tydelik of selfs permanent geskors word, nadat korrekte prosedure vir ‘n regverdige dissiplinêre verhoor gevolg is soos ter insae by die skoolhoof. Dit word deur die Beheerliggaam, Skoolhoof en Departement hanteer.

Prosedure vir dissiplinêre verhoor

Die prosedure wat gevolg word en uiteensetting van aksies is ter insae by die skoolhoof.

PRAKTIESE REËLINGS

Ouerbesoeke

Aan die begin van die jaar is daar `n algemene inligtingsaand waar alle ouers in die saal oor algemene reelings ingelig sal word.
Daarna verdaag ouers na klasse waar klasreelings aan ouers gegee sal word.
Tydens die eerste week van kwartaal 2, 3 en 4 sal daar `n geleentheid vir ouerbesoeke wees (soos op kwartaalprogram aangedui.)
Hierdie besoeke sal 10minute duur en afsprake sal met die nodige briewe aan u gekommunikeer word.

Omsendbriewe

Ten einde seker te maak dat alle omsendbriewe die ouerhuis bereid, moet die ouer die gedeelte wat voorsiening maak vir die teken van omsendbriewe in die Huiswerkboek getrou voltooi.
Dit word die daaropvolgende skooldag deur die leerder aan die klasonderwyseres getoon.
Alle leerders se omsendbriewe word gekontroleer, nie net oudstes s’n nie.

Skriftelike versoeke

`n Onderwyser kan hom/haar nie verlaat op leerders se boodskappe nie.
Dit word by die leerders aanbeveel om liewer vir hul ouers te vra om `n briefie te stuur as hulle `n versoek wil rig.
Die huiswerkboek kan hiervoor gebruik word.
Onderwysers erken ontvangs deur te parafeer in die huiswerkboek.

Huiswerk en huiswerkboeke

Elke leerder ontvang `n gratis huiswerkboek waarin daaglikse huiswerk afgeskryf moet word.
Ouers is behulpsaam met die kontrole van huiswerk, deur toe te sien dat die werk wel afgehandel word en daarby te teken.
Tydens afwesigheid is elke leerder self verantwoordelik vir die inhaal van agterstallige werk.

Afwesigheid

Wanneer `n leerder afwesig is, moet daar voor 09:00 die betrokke dag geskakel word na die skool of as hulle na die skool terugkeer, moet daar `n briefie van die ouer/voog aan die klasonderwyse/es besorg word waarin kortliks die rede vir afwesigheid verstrek word.
Dit is die leerder se plig om agterstallige werk in te haal.
Langer as 2 dae afwesig, moet `n doktersbrief getoon word.

Skryfbehoeftes

Daar sal `n volledige pakket vir die graad R & 1 leerders, met al die nodige skryfbehoeftes vir hul aanvang by die skool. Hierdie pakkette is verpligtend.
Te korte moet deur die loop van die jaar self deur ouers aangevul word.
Hierdie pakket is by die sektretaresse te koop.
Onderwysers sal deur middel van die huiswerkboek te korte aan skryfbehoeftes kommunikeer.
Alle skryfbehoeftes moet die eerste dag van die skooljaar by die skool wees.

Verpligte skoolgelde

Skoolgelde word jaarliks vasgestel na oorleg met die breë ouerkorps.
Dit kan verkieslik maandeliks, kwartaalliks of jaarliks betaal word.
Die pre-primere afdeling se skoolgelde word kwartaalliks verhaal en is streng vooruitbetaalbaar.
Die bankbesonderhede is voor in die huiswerkboekie beskikbaar

Gedragskode vir Robertson Voorbereidingskool

Opgestel Soos Bepaal In Die Grondwet Van Die Beheerliggaam Van Die S.A. Skolewet en die buitengewone Provinsiale Koerant no. 5190 van 31 Oktober 1997.

Beginsels soos deur die Beheerliggaam onderskryf

Die Beheerliggaam van hierdie skool aanvaar die volgende beginsels as onderliggend aan die funksies en werksaamhede aan hom verleen:

  • Die Beheerliggaam in samewerking met die Skoolhoof bepaal die beleid t.o.v. die skool se bedryf en bestuur.
  • Die Skoolhoof as Uitvoerende Bestuurder is die Departementele verteenwoordiger by die skool en sal toesien dat die skoolbeleid uitgevoer word.
  • In hierdie Skoolgemeenskap is ‘n gedragskode noodsaaklik om die opvoedkundige doelstellings van die skool te bereik.
  • Orde, dissipline en respektering van elke individu vorm die grondslag vir sukses en ‘n gelukkige skoolgemeenskap.
  • Christelike beginsels dien as grondslag vir die gedragskode.

Doelstellings van die gedragskode:

  • Om aan elke leerder die reg van toegang tot basiese opvoeding en van toegang tot ‘n skool te bied.
  • Om geen diskriminasie t.o.v. ras, kleur, geslag, geloof, godsdiensoortuiging, kultuur of taal toe te laat nie.
  • Om elke leerder die volle geleentheid te gee vir optimale verwesenliking van vermoëns, besondere eienskappe, behoeftes en talente.
  • Om die kind die beginsel te leer van ‘n gees van samewerking, ondersteuning, selfdissipline en gehoorsaamheid.
  • Om aan elke kind ‘n veilige omgewing daar te stel waar fisieke beserings sover menslik moontlik beperk word.
  • Om as skool en ouers in vennootskap die beste aan die kind te bied.

Regte van opvoeders en leerders

Alle opvoeders en leerders het die reg:

  • Om te werk en te leer sonder om gesteur te word;
  • Op onderrig;
  • Om na geluister te word;
  • Om in ‘n skoon, veilige en ordentlike omgewing te werk;
  • Om regverdig behandel te word;
  • Om sy/haar kant van die saak te stel;
  • Om deel te wees van die skool solank as wat sy/hy vereenselwig met die waardes en norme en dit handhaaf;
  • Op ‘n onderrigomgewing binne ‘n kultuur van onderrig en leer;
  • Om reggehelp te word waar hy/sy fouteer.
  • Om leerders verantwoordelikheid te leer vir hul dade, optrede en gedrag
SKOOLURE
Pre-Primêr

Let wel : Die eerste en tweede week is die tye as volg : 07:30 – 11:00
Somer (1ste & 4de kwartaal) : 07:30 – 12:15
Winter (2de & 3de kwartaal) : 08:00 – 12:45

Graad 1 to 2

Somer (1ste & 4de kwartaal) : 07:20 – 13:15
Winter (2de & 3de kwartaal) : 07:50 – 13:45

Graad 3

Somer (1ste & 4de kwartaal) : Dinsdag & Donderdag 07:20 – 13:45
Winter (2ste & 4de kwartaal) : Dinsdag & Donderdag 07:50 – 14:15
Graad 3’s het ‘n langer dag op Dinsdae en Donderdae as gevolg van sport.
Indien daar nie aan sport deelgeneem word nie, kan daar saam met die Graad 1 & 2’s huis toe gegaan word.

SKOOLDRAG
Hare: Dogters
  • Hare moet altyd netjies versorg wees en nie in die oë hang nie.
  • Wanneer hare skouerlengte bereik, moet dit vasgemaak word.
  • Slegs wit of donkerblou rekkies, frommelrekke, haarbande (“Alice Bands”) of linte sonder enige versierings is toelaatbaar.
  • Allerlei uitspattige hairstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar.
Hare: Seuns
  • Hare mag nie oor ore hang nie.
  • Hare mag nie gekleur wees nie.
  • Allerlei uitspattige hairstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar.
KLEREBANK

Die klerebank verkoop alle skoolklere, uitsluitende sokkies, skoene en skooltruie, teen kosprys.
Tye vir die klerebank is Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:30

Kliek hier om ons klerebank pryslys af te laai.

SKOOLFOOIE

Nuwe Skoolgelde R13 530 per jaar afbetaal binne 10 maande. Betaalbaar voor die 7de van elke maand.

Bewys van betaling kan na admin@rvs.co.za gestuur word.

Bankbesonderhede
Die bankbesonderhede is voor in die huiswerkboekie beskikbaar

RVS VISIE

‘n Strewe om RVS met effektiewe en gehalte-onderrig in afhanklikheid van God te bedryf en opvoeding in vennootskap met die ouerhuis te verskaf

Kontak ons: